Nick von Bergen het in 1993 sy
motorenjin-ombouings “Speed Shop” (Woeker Werkswinkel), vanaf die VSA na Windhoek verskuif, wat nou
bekend staan as “Nicks
Racing”. Met tyd het dit gelei tot beide optimale werkverrigting en brandstof
verbruik op standaard motor enjins.
Nicks Racing spesialiseer nou
in die instel van Diesel en petrol enjins. Hoogs gespesialiseerde
toetsinstrumente is aangeskaf om te verseker dat alle instellings akkuraat en
korrek gedoen word. In vanmelee se dae, het ‘n tegnikus die spuitstukke (jets)
op ‘n vergasser vervang en die verdeler so gedraai, dat optimum werkverrigting
verkry word. Huidiglik word die werkverrigting van moderne enjins, met
elektronise brandstofinspuiting stelsels, deur middel van ‘n Unichip rekenaar
skyfie verandering, verbeter. Dit kan die hoeveelheid brandstof benodig,
tydreeling, druk, ensomeer, beheer. Elke
enjin het sy unike werkverrigtings kurwe, dus hoekom dit op ‘n Dinamometer
ingestel word.
Nick’s Racing doen nog steeds
hoogs gespesialiseerde ombouings op uitlaatstelsels en -spruitstukke,
nokasse, gasvloei ens.
Diens aan die klient word
verder uitgebrei deur die onbeperkte toegang tot die Ironman reeks vering en
hoëverrigting remstelsels.
Die hele reeks produkte wat
Nick’s aanbied, voldoen aan die hoogste standaarde en word vervaardig om
blootstelling aan enige tipe terrein, te deurstaan, ‘n Voorbeeld hiervan is dat
alle uitlaatstelsels van 2mm, hoe druk pyp, vervaardig word!
K&N lugfilters word al vanaf die vroer 90ér jare deur Nick’s
racing, ingevoer. Ondervinding het bewys dat K&N die wêreld se
beste lugfiltreerder is. Veral
die stowwerige omstandighede van Namibia, vereis net die beste! Die
uitgebreide reeks filtreerders is beskikbaar vir enige iets wat lug suig.
Nick’s Racing voer ook
MileMarker hidroliese Wenaste vanuit die VSA in, wat uiters gehard is en geen
nagevolge inhou vir die elektriese/elektroniese stelsels van die motor waarop
die installasie gedoen word, nie.
Die prysewaarteen Nick’s Racing
hul produkte reeks aanbied is baie kompeterend, omrede tussenverskaffers
uitgesny word.
As deel van ‘n uitgebreide
produkreeks, bied Nick’s Racing ook onder andere Barska teleskope en
verkykers, Gerber werktuie, kolligte soos Ligthforce en flitse soos Maglite, te
koop aan.
Volgens Nick, is sy beleid om
alle kliente te behandel, op dieselfde vlak waarop hy sou aandring om behandel
te word. Waarde moet toegevoeg word, anders is dit ‘n nuttelose oefening!
Nick weier om fieterjassies te
verkoop, en hy gee nog steeds ‘n buitengewone waarborg op alle produkte en
dienste wat hy lewer.
Huidiglik bied hy ‘n 3 maande
“Bevrediging of Geld Terug Waarborg” aan, op al sy enjin verstelwerk. Dit
is bo en behalwe die milljoen myl waarborg wat K&N’ op al hul
filtreerders gee.
Besoek gerus die Nick’s Racing
webwerf! Daar is voorsiening gemaak om vrae aan Nick te stel en alle
belangstellendes se vrae sal beantwoord word. Nick hoop dat julle tyd
sal opsy sit om ‘n bietjie op sy webwerf rond
te snuffel - www.nicksracing.com